Die Kommuniste-Manifes


deur


Karl Marx en Friedrich Engels









INHOUDSUITGAWE.






Die Kommuniste-Manifes


I. Bourgeoisie en Proletariaat


II. Proletaries en Kommuniste


III. Sosialistiese en Kommunistiese Literatuur


1. Reaksionere Sosialisme


(a) Feudale Sosialisme


(b) Kleinburgerlike Sosialisme


(c) Duitse of Ware Sosialisme


2. Konserwatiewe of Bourgeois - Sosialisme


3. Krities-Utopiese Sosialisme en Kommunisme


IV. Verhouding van die Kommuniste tot die Verskillende Opposisiepartye


Byvoegsel.


Voorwoord tot die Duitse Uitgawe van 1872 47


 




DIE KOMMUNISTE-MANIFES.


'n Skrikgedaante loop in Europa rond — die spook van die Kommunisme. Al die magte van die ou Europa het hulle in 'n heilige verbond verenig om die spook te besweer :

•die Paus en die Tsaar, Metternich en Guizot, Franse radikale en Duitse polisiespioene.


Watter opposisieparty is nie deur sy regerende teenstanders vir Kommunisties uitgeskel nie, en watter opposisieparty het die skandelike verwyt van Kommunisme teen die nog verder gaande opposisie sowel as sy reaksionere teenstanders nie teruggeslinger nie?


Uit hierdie f eit is twee gevolgtrekkings te maak : —


1. Die Kommunisme word alreeds deur al die Europese

magte self as 'n mag erken.


2. Dit is hoog tyd dat die Kommuniste hulle opvattings, hulle bedoelings, hulle rigting aan die hele wereld blootle en in die plek van die sprokie van die Kommunistiese spook 'n manifes stel van die party self.


Vir die doel het Kommuniste van verskillende lande en

nasionaliteite in Londen byeengekom en die volgende Manifes opgetrek wat in die Engelse, Franse, Duitse, Italiaanse, Vlaamse en Deense tale uitgegee sal *«/ord.


 

 

BOURGEOISIE EN PROLETARIAT.^


Die geskiedenis van alle maatskaplike lewe wat tot •dusver bestaan het, (2) is 'n geskiedenis van klassestryd.


Vryburger en slaaf, patrisier en plebejer, baron en lyfeiene, gildemeester (3) en vakman, met een woord, onder-


(i) Deur die bourgeoisie word bedoel die klas van moclerne kapitalistc, •eiehaars van die middele tot maatskaplike produksie en werkgewers aan loonarbeiders. Deur proletariaat word bedoel die klas van moderne loon-arbeiders wat, deurdat hulle geen middele tot produksie van hul eie besit nie, genoodsaak word om hul arbeidskrag te verkoop om 'n bestaan te maak. ,


(2) Dit beteken alle geskrewe geskiedenis. In 1847 was die voor-geskiedenis van die maatskappy, die maatskaplike organisasie wat bestaan het voor die tyd van die geskrewe geskiedenis, feitlik geheel en al onbekend. Sedert die tyd het Haxthausen (August von 1792- 1866) die bestaan van gemeenskaplike grondbesit in Rusland ontdek, Maurer (George Ludwig von) het bewys dat •dit die maatskaplike fondament was waarop alle Teutoniese rasse in die geskiedenis hul aanvang gehad het, en met verloop van tyd is dit vasgestel •dat dorpsgemeenskappe die primitiewe vorm van maatskaplike lewe van Indie tot Ierland was of eertyds gewees het. Die inwendige organisasie van hierdie primitiewe kommunistiese gemeenskap is blootgele, in sy tipiese vorm, deur Morgan (Henry 1819-1881) se bevestigende ontdekking van die ware aard van die gens en sy verhouding tot die statu. Met die ontbinding van hierdie oertydse gemeenskappe begin die maatskappy opbreek in onderskeie' en aparte ■en uiteindelik vyandige klasse. Ek het probeer om hierdie proses van ont-

binding na te gaan en vas te stel in Der Ur sprung der Familie, des Privateigenthums und des Staats, 2de uitgawe, Stuttgart, 1886 {Die Oorsprong van die Familie, Private Eiendom en die Staat).


(3) Gilde-meester, dit beteken 'n volledige lid van 'n gilde, *n meester ibinne en nie 'n hoof oor 'n gilde nie.

 


drukkers en onderdruktes was gedurig teen mekaar gekant,

het 'n onafgebroke soms verborge, dan weer openlike stryd

gevoer, 'n stryd wat altyd uitgeloop het of op 'n rewolusionere rekonstruksie van die hele maatskappy,. of op die gesamentlike ondergang van die strydende kksse.


In die vroeere tydperke van die geskiedenis vind ons byna oral 'n ingewikkelde indeling van die maatskappy in verskillende stande, 'n menigvuldige nraatskaplike rangskikking. In ou Rome kry ons patrisieirs, ridders, plebejers en slawe; in die Middeleeue leenhere, leenmanne, gildemeesters, vakmanne, lyfeienes, en in byna elkeen van die klasse weer ondergeskikte klasse.


Die moderne bourgeois-maatskappy, wat uit die ondergang van die feudale maatskappy gespruit het, het die klasseteenstrydighede nie verwyder nie. Dit het slegs nuwe

klasse, nuwe vorme van onderdrukking, nuwe vorme van

die stryd in die plek van die oues gestell


Ons tydvak, egter, die tydvak van die bourgeoisie, word

van ander tydvakke hierdeur onderskei: dit het die

klasseteenstrydighede vereenvoudig. Die hele maatskappy

is meer en meer aan skeur in twee groot vyandige kampe,

in twee groot klasse wat regstreeks teenoor mekaar staan

— bourgeoisie en proletariaat.


Uit die slawe van die Middeleeue het die vryburgers van die oudste stede ontstaan; uit die vryburgers het die eerste elemente van die bourgeoisie ontwikkel.


Die ontdekking van Amerika, die omseiling van Afrrka het vir die opkomende bourgeoisie r n nuwe gebied oopgestel. Die Oos-Indiese en Chinese mark, die kolonisasie van Amerika, die handel met die kolonies, die vermeedering van ruilmiddels en van koopware in die algemeen het die handel, die skeepvaart en die Industrie laat uitbrei soos nooit tevore nie en daardeur die rewolusionere element In die vervallende feudale maatskappy tot 'n snelle ontwikkeling gebring.


Die feudale industriele stelsel, waarin industriele produksie deur gildes gemonopoliseer is, kon nie meer in die behoeftes van die toenemende markte voorsien nie.

Die handfabriekstelsel het in die plek daarvan outstaan.

Die gildemeesters is deur die industriele middelstand verdring; die verdeling van die arbeid onder die verskillende gildes of korporasies Is; vervang deur die arbeidsverdeling in die afsonderlike werkplekke self.


Intussen het die markte steeds toegeneem, die aanvraag steeds gestyg. Selfs die handfabriekstelsel was me meer voldoende nie. Daarop het stoom en masjinerie in die industriele produksie 'n omwenteling teweeggebring. In plaas van die handfabriekstelsel het die reus, die moderne Industrie, gekom, in plaas van die industriele middelstand, •die industriele leers, die moderne bourgeoisie.


Die moderne Industrie het die wereldmark in die lewe geroep, waarvoor die ontdekking van Amerika die weg voorberei het. Die wereldmark het die reusagtige uitbreiding van die handel, die skeepvaart, die verkeer op land teweeggebring. Dit het weer die uitbreiding van die Industrie bevorder, en met die uitbreiding van nywerheid, handel, skeepvaart, spoorwee het die bourgeoisie in gelyke mate ontwikkel, sy kapitaal vermeerder en al die klasse wat uit die Middeleeue afkomstig was op die agtergrond verdring.


Ons sien dus hoe die moderne bourgeoisie self die voortbrengsel is van 'n landurige ontwikkeling, van 'n reeks omwentelinge in produksie- en verkeerswyse.


Elke stap in die wordingsproses van die bourgeoisie het gepaard gegaan met 'n ooreenkomstige politieke vooruitgang van die klas. Waar dit eers 'n verdrukte stand onder die heerskappy van die leenhere was, het dit geword 'n gewapende en selfstandige vereniging in die middeleeuse kommune ; (4) hier 'n onafhanklike stedelike republiek, daar 'n belasbare „ derde stand" van die koriingsregering ; naderhand, in die tydperk van die handfabriek, 'n teenwig vir die adel in die of beperkte of onbeperkte monargie, en inderwaarheid die vernaamste van al die groot monargiee — so het die bourgeoisie uiteindelik, sedert die stigting van die moderne industrie en die wereldmark, in

die moderne verteenwoordigende staat die uitsluitende

politieke heerskappy verower. Die uitvoerende liggaam van die moderne staat is niks meer nie as 'n komitee vir die behartiging van die gemeenskaplike sake van die hele bourgeoisie.


Die bourgeoisie het in die geskiedenis 'n hoogs rewolusionere rol vervul.


(4) „ Kommune " is die naara wat in Frankryk deur die opkomende dorpe aangeneem is nog voordat hulle plaaslike selfregering en politieke regte as „ die Derde Staat " van hul feudale oorheersers en meesters oorgeneem het.

Oor die algemeen genome word Engeland hier as die tipiese land geneem waar dit die ekonomiese ontwikkeling van die bourgeoisie geld, en Frankryk waar dit sy politieke ontwikkeling geld.


Die bourgeoisie, waar hulle die mag verower het, het 'm end gemaak aan feudale, aartsvaderlike, idilliese verhoudinge. Hulle het die veelkleurige feudale bande wat die mens aan sy natuurlike base geknoop het, onbarmhartig:.

verskeur en geen ander band tussen mens en mens laat oorbly nie as suiwere eiebelang en ongevoelige „ kontante betaling ". Hulle het die heilige ontroering van die vrome dweepsug, van die ridderlike besieling, van Filistynse sentimentaliteit in die yskoue water van selfsugtige berekening verdrink. Hulle het persoonlike waarde verlaag tot die peil van ruilwaarde en in die plek van die tallose gewaarborgde swaargewonne vryhede een gewetenlose vryheid gestel — die Vrye Handel. Hulle het, in een

woord, in die plek van 'n uitbuiting wat met godsdienstige en politieke illusies omhul was 'n openlike, onbeskaamde y direkte, wrede uitbuiting gestel.


Die bourgeoisie het alle bedrywighede wat vroeer geeerd' en met eerbiedige skroom beskou was van hulle heilige skyn beroof. Hulle het die geneesheer, die regsgeleerde, die priester, die digter, die wetenskaplike hulle loonarbeiders gemaak.


Die bourgeoisie het van die familie-verhouding sy roerend-sentimentele sluier afgeskeur en daar 'n bloot geldelike verhouding van gemaak.


Die bourgeoisie het blootgele hoedat die brutale kragsbetoon, wat die reaksie so seer in die Middeleeue bewonder het, sy passende aanvulling in die ergste luiheid gevind het. Hulle was die eerste om te wys wat die bedrywigheid van die mens tot stand kan bring. Hulle het heeltemal ander wonderwerke volbring as Egiptiese piramiede, Romeinse waterleidinge en Gotiese katedrale ; hulle het togte onderneem wat alle vorige volksverhuisings en kruistogte oortref het.


Die bourgeoisie kan nie bestaan sonder om gedurig

omwentelings teweeg te bring in die produksiemiddele en dus ook in die produksieverhoudinge en daarmee ook in alle maatskaplike verhoudinge nie. Onveranderde instandhouding van die ou produksiewyse was daarenteen die eerste lewensvoorwaarde van alle vroeere industriele klasse. Voortdurende omwenteling van die produksie y onafgebroke verstoring van alle maatskaplike toestande, ewige onsekerheid en agitasie onderskei die tydvak van die bourgeoisie van alle vorige tydvakke. Alle vaste r ingeroeste verhoudings, met hulle nasleep van idees en opinies wat weens hul ouderdom eerbiedwaardig geag is, smelt weg; die pasgevormdes verouder voor hulle kan verstyf. Alles wat bestendig is en vasstaan, verdwyn; alles wat heilig is, word geskend, en die mens word eindelik gedwing om sy bestaan en sy verhouding teenoor sy medemense met nugter oe te bekyk.


Die behoefte aan 'n steeds meer uitgebreide afsetgebied vir hulle produkte ja die bourgeoisie oor die hele aardbol heen. Oral moet hulle nes maak, hulle oral vestig, oral verbindinge aanknoop.


Die bourgeoisie het deur hulle ontginning van die wereldmark aan die produksie en die verbruik van alle lande 'n kosmopolitiese stempel gegee. Hulle het, tot groot ergenis van reaksionere mense, die nasionale grondslag van die industrie van onder sy voete weggeruk. Die aloue nasionale nywerhede is vernietig en word nog daagliks vernietig. Hulle word verdring deur nuwe nywerhede, die invoering waarvan vir alle beskaafde volke 'n lewenskwessie word, deur nywerhede wat nie meer inheemse grondstowwe bewerk nie maar grondstowwe uit die mees afgelee streke geput; nywerhede die produkte waarvan nie alleen in die land self nie maar in alle dele van die wereld tegelyk verbruik word. In die plek van die ou behoeftes wat deur die opbrengs van die land bevredig is, kom nuwes wat vir

hulle bevrediging die produkte van die mees verwyderde

lande en klimaatstreke vereis. In die plek van die ou plaaslike en nasionale selfgenoegsaamheid en afgeslotenheid kom 'n alsydige verkeer, 'n alsydige afhanklikheid van die volke onderling. En soos met die stoflike, so ook met die geestelike produksie. Die geestelike voortbrengsels van die aparte volke word gemeengoed. Nasionale eensydigheid en bekrompenheid word meer en meer onmoontlik en uit die verskillende nasionale en plaaslike literature ontstaan 'n wereldliteratuur.


Die bourgeoisie trek, deur die snelle verbetering van alle produksiemiddele, deur die oneindig vergemaklikte verkeerswee alle volke, selfs die agterlikste, in die beskawing in. Die goedkoop pryse van hulle ware is die grof-geskut waarmee hulle alle Chinese mure plat skiet, waarmee hulle die hardnekkigste vreemdelingehaat van barbare tot oorgawe dwing. Hulle dwing alle nasies om die produksiewyse van die bourgeoisie oor te neem as hulle nie te gronde wil gaan nie ; hulle dwing hulle om die sogenoemde beskawing by hulle in te voer, d.w.s., om bourgeois te word. In een woord, hulle skep vir hulle 'n wereld na hulle eie beeld.


Die bourgeoisie het die platteland aan die heerskappy van die stad onderwerp. Hulle het enorme stede geskep, hulle het die getal van die stedelike teenoor die plattelandse bevolking in hoe graad vermeerder en dus 'n aansienlike deel van die bevolking aan die agterlikheid van die plattelandse lewe onttrek. Net soos die platteland van die stad, het hulle die barbaarse en half-barbaarse lande van die beskaafde, die boerestand-volke van die bourgeois-volke, die Ooste van die Weste afhanklik gemaak.


Die bourgeoisie hou al hoe meer en meer die verbrokkeling van die produksiemiddele, van die eiendom en van die bevolking tee. Hulle het die bevolking opgehoop, die produksiemiddele gesentraliseer en die eiendom in 'n paar hande gekonsentreer. Die noodwendige gevolg hiervan was politieke sentralisasie. Onafhanklike, of slegs los verbonde provinsies met verskillende belange, wette, regerings en doeanestelsels is saamgevoeg tot een volk met een regering, een wet, een nasionale klassebelang, een toltarief.


Die bourgeoisie het in hulle skaars honderjarige klasse-heerskappy meer massiewe en kolossale produksiekragte

geskep as al die voorafgaande geslagte tesame. Onderwerping van die natuurkragte aan die mens, masjinerie, toepassing van die skeikunde op nywerheid en landbou, stoomvart, spoorwee, elektriese telegrawe, ganse werelddele ontginbaar en riviere bevaarbaar gemaak, hele bevolkinge as uit die grond uit getoor — watter vroeer eeu het dit selfs vermoed dat sulke produksiemagte in die skoot van die maatskaplike arbeid gesluimer het?


Ons sien dus dat die produksie- en handelsmiddele, wat as grondslag vir die vorming van die bourgeoisie gedien het, in die feudale maatskappy voortgebring is. Op 'n sekere stadium van die ontwikkeling van die produksie- en handelsmiddele het die omstandighede waaronder die feudale maatskappy geproduseer en gehandel het, die feudale eiendomsverhoudinge, nie meer tred gehou met die reeds ontwikkelde produksiemagte nie. Hulle het die produksie belemmer in plaas van dit te bevorder. Hulle het boeie geword. Hulle moes verbreek word en hulle is verbreek.


In hulle plek het vrye wedywering gekom vergesel van die maatskaplike en politieke instellings wat daarby behoort — die ekonomiese en politieke heerskappy van die middelklas.


Onder ons oe vind 'n dergelike beweging plaas. Die

bourgeois-produksie- en -handelsmiddele, die bourgeois-

eiendomsverhoudinge, die moderne bourgeois-maatskappy

wat sulke geweldige produksie- en handelsmiddele opgetoor

het, is soos 'n goelaar wat die magte van die onderwereld wat hy opgeroep het nie meer kan beheer nie. Jare lank reeds is die geskiedenis van nywerheid en handel eenvoudig die geskiedenis van die opstand van die moderne produktiewe kragte teen die moderne produksieverhoudinge, teen die eiendomsverhoudinge wat die lewensvoorwaardes is van die bourgeoisie en van hulle heerskappy. Dit is genoeg om die handelskrisisse te noem wat met hulle periodieke terugkeer al hoe meer dringend die bestaan van die hele bourgeois-maatskappy bedreig. In die handelskrisisse word 'n groot deel nie alleen van die bestaande produkte nie maar ook van die reeds geskape produktiewe kragte gereeld vernietig. In die krisisse breek daar 'n maatskaplike epidemie uit wat in alle vroeere tye fantasties sou geskyn het— die epidemie van oorproduksie. Die maatskappy vind horn skielik teruggeplaas in 'n toestand van tydelike barbarisme ; dit skyn asof 'n hongersnood, 'n algemene oorlog van verwoesting horn van alle lewensmiddele afgesny het; die Industrie, die handel skyn vernietig te wees. En waarom?

Omdat hy te veel beskawing, te veel lewensmiddele, te veel

industrie, te veel handel besit. Die produktiewe kragte waaroor hy beskik, dien nie meer om die bourgeois-eien-

domsverhoudinge te bevorder nie; inteendeel, hulle is te

geweldig geword vir daardie verhoudinge waardeur hulle nou belemmer word; en sodra hulle die belemmering oorwin, bring hulle die ganse bourgeois-maatskappy in wanorde, bedreig hulle die bestaan van bourgeois-eiendom.

Bourgeois maatskaplike toestande het te beperk geword om

die rykdom wat hulle geskep het te bevat. En hoe oorwin die bourgeoisie die krisisse? Aan die een kant deur die gedwonge vernietiging van 'n massa produktiewe kragte ; aan die ander kant deur die verowering van nuwe markte of 'n grondiger uitbuiting van die ou markte. Hoe dus?

Deur nog meer uitgebreide en erger krisisse voor te berei en die middele te verminder wat krisisse voorkom.


Die wapens waarmee die bourgeoisie die feudalisme neer- geslaan het, is nou teen die bourgeoisie self gerig.


Maar die bourgeoisie het nie alleen die wapens gesmee wat horn die dood bring nie; hy het ook die manne in die lewe geroep wat daardie wapens sal hanteer: die moderne arbeider, die proletarier.


Namate die bourgeoisie, d.w.s., die kapitaal ontwikkel, in dieselfde mate ontwikkel die proletariaat, die klas van die moderne arbeider, wat alleen so lank leef as hulie werk vind, en wat alleen so lank werk vind as hulle arbeid die kapitaal vermeerder. Die arbeider wat homself by die stuk moet verkoop, is koopware, soos enige ander handelsartikel en daarom in gelyke mate blootgestel aan al die wisselvallighede van kompetisie en die skommelinge van die mark.


Die arbeid van die proletarier het deur die uitbreiding van masjinerie en die verdeling van die arbeid alle selfstandige karakter verloor en daarmee ook alle bekoring vir die arbeider. Hy w r ord 'n blote aanhangsel van die masjien, van wie alleen die eenvoudigste, die eentonigste, die maklikste aangeleerde slag verlang word. Die produksiekoste van die arbeider is dus feitlik beperk tot die lewensmiddele wat hy vir sy onderhoud en die voortplanting van sy soort nodig het. Maar die prys van 'n handelsartikel en dus ook van die arbeid is gelyk aan sy produksiekoste. Namate die arbeid in onaangenaamheid styg, daal dus die loon. En w r at nog meer is, namate masjinerie en arbeidsverdeling toeneem, neem ook die arbeidslas toe, hetsy deur die vermeerdering van die werksure, hetsy deur die vermeerdering van die arbeid wat binne 'n gegewe tyd gevorder word, versnelde spoed van die masjiene, ens.


Die moderne Industrie het die klein werkwinkel van die

patriargale meester verander in die groot fabriek van die

industriele kapitalis. Massas arbeiders, in die fabriek saamgepak, word soos soldate georganiseer. As gewone

industrie-soldate word hulle onder die toesig van 'n volmaakte hierargie van onderoffisiere en offisiere geplaas.

Hulle is nie alleen knegte van die bourgeois-klas, van die

bourgeois-staat nie ; hulle word dag vir dag en uur vir uur tot slaaf gemaak van die masjien, van die opsigter, en bowenal van die indiwiduele bourgeois- fab rikant self. Hoe meer openlik hierdie dwingelandy verkondig dat sy doel profyt is, hoe meer kleingeestig, haatlik en verbitterend is dit.


Hoe minder behendigheid en kragsinspanning handwerk vereis, met ander woorde, hoe meer die moderne industrie ontwikkel, des te meer word die arbeid van mans vervang deur die van vroue en kinders. Geslags- en ouderdomsverskille besit nie meer maatskaplike betekenis vir die arbeiderklas nie. Daar bestaan net arbeidsinstrumente wat na gelang van ouderdom en geslag minder of meer kos.


As die uitbuiting van die werksman deur die fabrikant dan so ver gekom net dat sy loon kontant aan horn uitbetaal is, dan pak die ander dele van die bourgeoisie horn aan — die huiseienaar, die winkelier, die pandjieshouer, ens.


Die vorige kleinmiddelklas, die kleinfabrikante, klein- handelaars, mense wat op 'n klein rente leef, die handwerkers en boere, daal almal gestadig in die proletariaat af r gedeeltelik omdat hulle klein kapitaal vir die bedryf van die

groot industrie nie voldoende is nie en in die konkurrensie met die groot kapitaliste verswelg word, gedeeltelik omdat hulle bekwaamheid weens nuwe produksiewyse waardeloos gemaak word. So word die proletariaat uit alle klasse van die bevolking aangevul.


Die proletariaat maak verskeie stadiums van ontwikkeling deur. Sy stryd teen die bourgeoisie begin met sy ontstaan.


Eers voer indiwiduele arbeiders die stryd, dan die arbeiders van 'n fabriek, dan die arbeiders van een ambag in 'n bepaalde plek teen die indiwiduele bourgeois wat hulle regstreeks uitbuit. Hulle rig hulle aanvalle nie alleen teen die bourgeois-produksietoestande nie, maar teen die produksie-instrumente self ; hulle verniel ingevoerde konkurrerende ware, hulle slaan masjiene stukkend, hulle steek fabrieke aan die brand, hulle probeer om die verdwene status van die Middeleeuse werksman te herwin.


Op hierdie stadium vorm die arbeiders nog 'n onsamehorende massa wat oor die hele land verstrooi en deur hul onderlinge mededinging onderverdeel is. Kom hulle erens in groot groepe saam, dan is dit nog nie die gevo^g van hulle eie aktiewe gesamentlike optrede nie, maar die gevolg van die vereniging van die bourgeoisie, wat om sy eie politieke doeleindes te bereik die hele proletariaat in beweging moet bring, en dit voorlopig nog kan doen. Op hierdie stadium bestry die proletaries dus nie hulle vyande nie, maar die vyande van hulle vyande, die oorblyfsels van onbeperkte monargie, die grondeienaars, die nie-industriele bourgeoisie, die kleinmiddelstand. Die hele historiese beweging word dus in die hande van die bourgeoisie gekonsentreer; elke oorwinning wat so behaal word, is 'n oorwuvning van die bourgeoisie.


Maar met die ontwikkeling van die nywerheid groei die

proletariaat nie alleen in getal nie ; dit word ook in groter

massas saamgedring, sy krag groei en hy voel dit meer. Die

belange, die lewenstoestande van die proletariaat word, meer

en meer eensoortig namate die masjinerie meer en meer

verskille tussen een soort arbeid en 'n ander uitwis en lone byna oral tot dieselfde lae peil laat daal. Die toenemende

wedywer van die bourgeoisie onder mekaar en die hairlels-

krisisse wat daaruit ontstaan, maak die loon van die arb- rider

meer en meer onvas. Die onafgebroke verbetering van

masjinerie — 'n verbetering wat steeds sneller ontwikkel —

maak hulle hele bestaan al hoe meer onseker; botsings tussen die indiwiduele arbeider en die indiwiduele bourgeois neem meer en meer die karakter aan van botsings tussen twee klasse. Dan begin die arbeiders verenigings teen die bourgeoisie te vorm; hulle kom saam om hulle arbeidsloon te handhaaf. Hulle stig selfs permanente organisasies cm vir die geleentheidsopstande vooraf voorsiening te maak.

Hier en daar breek die stryd in oproer uit.


Nou en dan behaal die arbeiders die oorwinning, maar slegs tydelik. Die eintlike vrug van hulle stryd le nie opgesluit in die onmiddellike gevolg nie maar in die steeds uitbreidende vereniging van die arbeiders. Hierdie vereniging word bevorder deur die verbeterde verkeersmiddele wat deur die grootindustrie geskep word en wat die arbeiders van verskillende oorde in aanraking met mekaar bring.

Dit makeer alleen verbinding om die verskillende plaaslike

worstelinge, wat almal van dieselfde aard is, tot 'n nasionale, 'n klassestryd te sentraliseer. Maar elke klassestryd is 'n politieke stryd. En die vereniging, waarvoor die Middeleeuse burgers met hulle miserabele paaie eeue nodig gehad het, bring die moderne proletaries, dank sy spoorwee, binne 'n paar jaar tot stand.


Die organisasie van die arbeiders tot 'n klas en derhalwe tot 'n politieke party word keer op keer weer verbreek deur onderlinge mededinging onder die arbeiders self. Maar dit verrys altyd weer, sterker, vaster, magtiger. Dit dwing die wetlike erkenning van sekere arbeidersbelange af deur gebruik te maak van verdeeldhede onder die bourgeoisie.

Op die manier is die Tien-uur-wet in Engeland verkry.


Botsings tussen die klasse van die ou maatskappy bevorder oor die algemeen die ontwikkelingsgang van die proletariaat in baie opsigte. Die bourgeoisie is in 'n voortdurende stryd gewikkel — eers teen die aristokrasie ; later teen daardie dele van die bourgeoisie self wie se belange in stryd is met die vooruitgang van industrie ; altoos teen die bourgeoisie van alle vreemde lande. In al die worstelinge is hulle verplig om 'n beroep op die proletariaat te doen, om aanspraak te maak op sy hulp en horn so in die politieke geskil in te sleep. Hulle voorsien dus self die

;proletariaat van hulle eie politieke en algemene opvoedings-

elemente, d.w.s., van wapens teen hulleself.


Verder, soos ons reeds gesien het, word daar deur die

vooruitgang van die industrie hele onderdele van die heersende klas in die proletariaat afgedring, of ten minste hulle

lewenstoestande word bedreig. Ook hulle voorsien die pro- letariaat ryklik van opvoedingselemente.


Eindelik, in tye wanneer die klassestryd die beslissings-

punt nader, neem die ontbindingsproses binne die heersende

klas, binne die hele ou maatskappy, so 'n in die oog lopende

karakter.aan dat/n klein deel van die heersende klas horn

daarvan losmaak en by die rewolusionere klas aansluit, die

iklas wat die toekoms in sy hande dra. Soos vroeer dus 'n deel van die adel na die bourgeoisie oorgegaan het, so gaan nou 'n deel van die bourgeoisie na die proletariaat oor, veral -, n deel van die bourgeois-ideoloe wat hulle tot 'n teoretiese begrip van die hele historiese beweging bekwaam het.

Van alle klasse wat vandag teenoor die bourgeoisie staan, ris alleen die proletariaat 'n ware rewolusionere klas. Die ander klasse kwyn en vergaan met die grootindustrie ; die proletariaat daarenteen is sy besondere voortbrengsel.


Die laer middelklas — die kleinfabrikant, die kleinhandelaar, diehandwerker, die boer — hulle beveg almal die bourgeoisie om hulle eie bestaan as middelklas van ondergang te bewaar. Hulle is dus nie rewolusioner nie, maar konserwatief. Nog meer, hulle is reaksioner: hulle probeer om


"die wiel wan die geskiedenis terug te draai. Is hulle rewo-

lusioner, dan is hulle dit met die oog op hulle aanstaande

oorgang'tot die proletariaat; hulle verdedig nie hulle teens-

woordige hie maar hulle toekomstige belange; hulle verlaat i hulle eie standpunt om die van die proletariaat te aanvaar.

Die skuim van die proletariaat (lumpen-proletariaat), ;gevorm deur die passiewe verrotting van die laagste strata van die ou maatskappy, word tot 'n sekere mate deur 'n :proletariese rewolusie in die beweging ingesleep ; maar hulle hele ' lewenswyse maak dat hulle gewilliger sal wees om '.hulle ttot^reaksionere knoeiery te laat omkoop.

Die lewenstoestande van die ou maatskappy is tot niet in?

die lewenstoestande van die proletariaat. Die proletarier is*

sonder besitting ; sy verhouding teenoor vrou en kinders het:

niks meer gemeen met die bourgeois-familieverhouding nie ;

die moderne industriele arbeid, die moderne onderwerping* aan die kapitaal, in Engeland sowel as in Frankryk, in Amerika en ook in Duitsland, het horn van alle nasionale karakter beroof. Die gereg, sedelikheidsopvattings, godsdiens is vir horn 'n spul bourgeois-vooroordele waaragternet so'n spul bourgeoisbelange versteek is.


Alle eertydse klasse wat mag verower het, het probeer om hulle reeds verkree lewenstandaard te verseker deur die hele maatskappy aan die toestand te onderwerp waardeur hulle winste verkry is. Die proletariers kan alleen die maatskaplike produksiekragte in besit neem indien hullehulle eie vorige wyse van toeeiening afskaf en daarmee ook alle vorige metodes van toeeiening. Die proletariers het:

niks van hulle eie om te bewaar en in stand te hou nie. Dit is hulle rol om alle vorige sekuriteite vir en versekerings van private eiendom te vernietig.


Alle vorige bewegings was bewegings van minderhede of in die belang van minderhede. Die proletariese bewegings is die selfstandige beweging van die oorgrote meerheid in die belang van die oorgrote meerderheid. Die proletariaat).

die onderste stratum van die huidige maatskappy, kan homself nie ophef nie, kan nie orent kom nie behalwe as dier hele bowebou van strata deur die offisiele maatskappy" gevorm in die lug spring.


Ofskoon nie in wese nie dog in vorm is die stryd van die

proletariers teen die bourgeoisie vireers 'n nasionale strydJ.

Die proletariaat van elke land moet natuurlik eers met. syr eie bourgeosie afreken.


Terwyl ons die ontwikkeling van die proletariaat in bree trekke geskets het, het ons die min of meer bedekte burgeroorlog binne die bestaande maatskappy nagegaan tot op diepunt waar dit in 'n ope rewolusie uitbars en die proletariaat sy heerskappy bevestig deur die geweldadige omverwerping van die bourgeoisie.


Alle vorige maatskappye het berus, soos ons reeds gesiem het, op die stryd tussen onderdrukkende en onderdrukte* klasse. Maar om 'n klas te kan onderdruk moet die toestande verseker word waaronder hy ten minste sy slaafse* bestaan kan voortsit. Die lyfeiene het horn in die tyd.vam lyfeienskap tot lid van die stedelike gemeenskap opgewerk :soos die kleinburger tot bourgeois onder die juk van feudale .alleenheerskappy. Die moderne arbeider, daarenteen, in plaas van met die vooruitgang van die industrie saam vooruit te kom, sink steeds dieper onder die lewenstoestande van :sy eie klas weg. Die arbeider word verarm, en verarming ;groei vinniger aan as bevolking en rykdom. Hieruit blyk duidelik dat die bourgeoisie onbekwaam is om nog langer die heersende klas in die maatskappy te bly en om die lewenstoestande van sy klas aan die maatskappy as geldende Teel op te dring. Hy is onbekwaam om te regeer omdat hy nie in staat is om sy slawe selfs in hulle slawerny 'n bestaan te verseker nie, omdat hy genoodsaak is om hulle te laat afsak tot 'n peil waar hy hulle moet onderhou in plaas van deur hulle onderhou te word. Die maatskappy kan nie

meer onder horn bestaan nie, d.w.s., sy bestaan is nie meer ;met die van die maatskappy te vereenselwig nie.


Die essensiele voorwaarde vir die bestaan en die heerskappy van die bourgeoisie is die ophoping van rykdom in die hande van private persone, die stigting en die vermeerdering van kapitaal; die bestaans-voorwaarde van die kapitaal is die loonarbeid. Die loonarbeid berus uitsluitlik op die onderlinge mededinging onder die arbeiders. Die vooruitgang van die industrie, waarvan die bourgeoisie die willose en weerlose draer is, vervang die verdeeldheid van die arbeiders, wat deur hul onderlinge mededinging veroorsaak is, deur hulle rewolusionere sametrekking, wat deur vereniging verwerf word. Met die ontwikkeling van die grootindustrie word dus onder die voete van die bourgeosie die grondslag self weggeruk waarop hulle produseer en ibeslag le op die produkte. Die bourgeoisie produseer derhalwe bowenal hulle eie doodgrawers. Hulle ondergang en die oorwinning van die proletariaat is ewe onvermydelik.

 

 

 


II.

PROLETARIES EN KOMMUNISTE.

 


In watter verhouding staan die Kommuniste tot die pro-letariers oor die algemeen?


Die Kommuniste maak nie 'n aparte party uit wat teen die ander arbeiderpartye gekant is nie.


Hulle het geen belange wat verskillend is en geskeie is wan die belange van die proletariaat nie.


Hulle stel geen bepaalde beginsels op waarvolgens hulle- die proletariese beweging wil inrig nie.


Die Kommuniste onderskei hulle van die proletariese partye slegs hierdeur: dat hulle aan die een kant in die verskillende nasionale worstelings van die proletariaat die gemeenskaplike belange van die hele proletariaat, afgesien van nasionaliteit, op die voorgrond bring en laat geld, en aan i die ander kant dat hulle in die verskillende ontwikkelingsstadia, wat die stryd tussen proletariaat en bourgeoisie deurmaak, steeds vir die belange van die gesamentlike beweging opkom.


Die Kommuniste is dus prakties die mees besliste, steeds

verder strewende deel van die arbeiderpartye van alle lande ; teoreties is hulle die groot massa van die proletariaat voor in hulle insig in die omstandighede, die rigting en die algemene gevolge van die proletariese beweging.


Die onmiddellike doel van die Kommuniste is dieselfde as die van alle ander proletariese partye : vorming van die

proletariaat tot 'n klas, die val van die bourgeois-heerskappy, die vero wering van die politieke mag deur die proletariaat.


Die teoretiese stellings van die Kommuniste berus geensins op idees en beginsels wat deur een of ander wereldhervormer uitgevind of ontdek is nie.


Hulle is eenvoudig 'n algemene uitdrukking van die werklike omstandighede van 'n bestaande klassestryd — 'n historiese beweging wat onder ons oe aan die gang is. Die afskaffing van vorige eiendomsverhoudinge is nie iets wat die Kommuniste uitsluitend kenmerk nie.


Alle eiendomsverhoudinge is in die verlede aan 'n bestendige historiese wisseling, 'n bestendige historiese verandering onderworpe.


Die Franse Rewolusie byvoorbeeld het die feudale eiendom ten gunste van die bourgeois afgeskaf.


Wat die Kommunisme onderskei, is nie die afskaffing van eiendom oor die algemeen nie, maar die afskaffing van

bourgeois-eiendom.


Maar die moderne bourgeois-private eiendom is die laaste

en volledigste uiting van 'n metode van produksie en toe- eiening van produkte wat op klassestryd en die uitbuiting ; van een mens deur 'n ander berus.


In die sin kan die Kommuniste hulle teoriee in een uitdrukking saamvat : afskaffing van die private eiendom.


Ons, Kommuniste, word verwyt dat ons eiendom wat persoonlik verkry is, deur die arbeid verwerf, wil afskaf — die eiendom wat die grondslag is van alle persoonlike vryheid, werksaamheid en selfstandigheid.


Eiendom wat swaar verkry is, deur werk bekom, selfverdiende eiendom. Spreek u van die eiendom van die kleinburger en die kleinboer, wat die bourgeois-eiendom vooruitgegaan het? Ons hoef dit nie af te skaf nie ; die ontwikkeling van die industrie het dit afgeskaf en skaf dit nog daagliks af.


Of spreek u van die moderne private bourgeois-eiendom?


Maar verskaf sy loonarbeid, die arbeid van die proletaries dan miskien vir horn eiendom? Glad nie. Dit verskaf kapitaal, d.w.s. die soort eiendom wat die loonarbeid uitbuit, wat alleen kan vermeerder onder die voorwaarde dat hy nuwe loonarbeid voortbring om dit opnuut uit te buit. Die eiendom in sy huidige vorm berus op die teenstrydigheid tussen kapitaal en loonarbeid. Laat ons albei kante van hierdie teenstrydigheid beskou.


Om 'n kapitalis te wees beteken nie net om 'n suiwer

persoonlike nie maar om 'n maatskaplike posisie in die

produksie te neem. Die kapitaal is 'n gemeenskaplike produk en kan alleen deur die samewerking van baie leder ja, op die ou end deur die samewerking van al die lede van die maatskappy, in beweging gebring word.


Die kapitaal is dus nie 'n persoonlike nie, maar 'n maatskaplike mag.


Wanneer dus die kapitaal in gemeenskaplike eiendom omskep word wat aan al die lede van die maatskappy behoort, dan word persoonlike eiendom nie daardeur in maatskaplike eiendom omskep nie. Alleen die maatskaplike karakter van die eiendom verander. Hy verloor sy klaskarakter.


Ons kom nou by loonarbeid.


Die gemiddelde prys van loonarbeid is die minimum arbeidsloon, d.w.s. die totaal van lewensmiddele wat nodig is om die arbeider as arbeider aan die lewe te hou. Wat die arbeider dus deur sy werksaamheid vir horn toeeien is alleen genoeg om sy blote bestaan voort te sit. Ons wil die persoonlike toeeiening van die arbeidsprodukte vir die instandhouding van die onmiddellike bestaan geensins afskaf nie — 'n toeeiening wat geen surplus oorlaat wat mag oor die arbeid van andere kan gee nie. Ons wil alleen die ellendige aard van die toeeiening afskaf waardeur die arbeider alleen lewe om die kapitaal te vermeerder, alleen in soverre leef as die belange van die regerende klas dit vereis.


In die bourgeois-maatskappy is die lewende arbeid slegs *n middel om die voorraad opgehoopte arbeid te vermeerder.

In die Kommunistiese maatskappy is opgehoopte arbeid

slegs 'n middel om die bestaan van die arbeiders te verruim, te verryk en te bevorder.


In die bourgeois-maatskappy dus speel die verlede baas oor die toekoms ; in die Kommunistiese maatskappy heers die toekoms oor die verlede. In die bourgeois-maatskappy is die kapitaal selfstandig en persoonlik terwyl die lewende indiwidu afhanklik en onpersoonlik is.


En die afskaffing van hierdie toestand van sake noem die

bourgeoisie afskaffing van persoonlikheid en vryheid! En met reg. Sonder twyfel word die afskaffing beoog van

bourgeois-persoonlikheid, bourgeois-self standigheid en bour-

geois-vryheid.


Onder vryheid word verstaan onder die teenswoordige

produksieverhoudinge die vrye handel, die vrye koop en verkoop.


Maar as die handel verdwyn, verdwyn vrye handel ook.

Die praatjies oor die vrye handel, soos al die ander vryheids-

geklets van ons bourgeoisie, kan alleen enige betekenis he in

teenstelling met onvrye handel, met die slaafse burgers van

die Middeleeue, maar nie in teenstelling met die Kommu- nistiese afskaffing van handel, van die bourgeois-produksie-

toestande en van die bourgeoisie self nie.


U is vreeslik ontsteld daaroor dat ons private eiendom wil afskaf. Maar in u bestaande maatskappy is private eiendom alreeds vir nege-tiendes van sy lede afgeskaf ; dit bestaan juis daardeur dat dit vir nege-tiendes nie bestaan nie. U verwyt ons dus dat ons 'n eiendom wil afskaf vir die bestaan waarvan die afwesigheid van enige eiendom vir die oorgrote meerderheid van die maatskappy 'n noodwendige voorwaarde is.


In een woord, u verwyt ons dat ons u eiendom wil afskaf.

Juis, dit is presies wat ons wil doen.


Van die oomblik af dat arbeid nie meer in kapitaal, geld,

grondrente, in kort in 'n monopoliseerbare maatskaplike mag omskep kan word nie, d.w.s. van die oomblik dat persoonlike eiendom nie meer in bourgeois-eiendom omgeset kan word nie, van daardie oomblik af, verklaar u, verdwyn iie indiwidualiteit.


U erken dus dat u onder „ die indiwidu " niemand anders

verstaan nie as die bourgeois, die middelklas-eienaar. Die-

persoonlikheid sal seer seker afgeskaf word.


Die Kommunisme ontneem niemand die mag om homself

maatskaplike produkte toe te eien nie ; dit ontneem 'n mens

alleen die mag om deur die toeeiening die arbeid van ander aan jou te onderwerp.


Daar is teen ons aangevoer dat met die afskaffing van private eiendom alle werk sou ophou en 'n algemene luiheidl intree. Volgens hierdie bewering behoort die bourgeois- maatskappy lankal aan die luiheid te gronde te gegaan het,. want diegene wat daarin werk, win nie, en diegene wat daarin win, werk nie. Die hele begrip kom op hierdie tautologie neer: daar kan geen loonarbeid meer wees nie sodra daar getn kapitaal meer is nie.


Al die besware wat teen die Kommunistiese wyse van

toeeiening en produksie van stoflike produkte aangevoer word, is ook teen die toeeiening en produksie van geestelike produkte gebruik. Net soos vir die bourgeois die einde van klasse-eiendom die einde van produksie self beteken, so staan die einde van klasse-kultuur vir horn gelyk met die einde van alle kultuur.


Die kultuur waarvan hy die verlies betreur, beteken vir die oorgrote meerderheid eenvoudig opleiding om die masjien te vervang.


Maar moenie met ons stry solank as u die afskaffing van

bourgeois-eiendom aan u bourgeoisopvattings van vryheid

kultuur, reg, ens. meet nie. U idees self is voortbrengsels van bourgeois-produksie- en -eiendomstoestande net soos ifc reg alleen die wil van u klas is wat tot wet verhewe is — 'n wil waarvan die inhoud bepaal is deur die materiele lewens-toestande van u klas.


Die selfstugtige voorstelling waarin u u produksie- en

eiendomstoestande — historiese toestande wat in die loop van

produksie kom en gaan — in ewige wette van die natuur en die rede verander sien, deel u met alle vorige heersende klasse. Wat u in die geval van die eiendom van vervange tye waarneem, wat u in die geval van feudale eiendom waarneem, dit durf u natuurlik nie meer in die geval van bourgeois-eiendom waarneem nie.


Afskaffing van die gesin. Selfs die radikaalste word warm oor die skandelike plan van die Kommuniste.


Waarop berus die teenswoordige, die bourgeois-gesin r Op kapitaal, op private winste. In sy volledig-ontwikkelde vorm bestaan die gesin alleen onder die bourgeoisie ; maar hy vind sy aanvulling in die gedwonge gesinsloosheid van die proletaries en die openbare prostitusie.


Die familie van die bourgeoisie sal natuurlik wegval wanneer sy aanvulling wegval, en albei sal verdwyn met die verdwyning van die kapitaal.


Verwyt u ons dat ons die uitbuiting van kinders deur hulle ouers wil afskaf ? Ons beken die misdaad.


Maar, sal u se, ons skaf die innigste verhoudinge af wanneer ons huislike opleiding deur maatskaplike opvoeding vervang.


En is u opvoeding dan nie ook deur die maatskappy bepaal nie, deur die maatskaplike toestande waarin u opvoed, deur die direkte of indirekte ingryping van die maatskappy, deur middel van die skole ens., nie? Die Kommuniste het die invloed van die maatskappy op die opvoeding nie ontdek nie ; hulle wil alleen sy aard verander ; hulle wil die opvoeding aan die invloed van die heersende klas ontruk.


Die bourgeois-vroompraatjies oor familie en opvoeding, oor die innige verhouding tussen ouers en kinders word des te meer walglik hoe meer, as gevolg van die grootindustrie, alle familiebande onder die proletaries verskeur word en die kinders eenvoudig verander word in handelsartiekels en arbeidsinstrumente.


Maar julle, Kommuniste, wil gemeenskap van vroue invoer, skree die hele bourgeoisie in koor ons toe.


Die bourgeois sien in sy vrou 'n blote produksie-instrument. Hy hoor dat die produksie-instrumente gemeenskaplik uitgebuit sal word, en kan horn natuurlik niks anders voorstel as dat die lot van gemeenskaplike besit vroue ook sal tref nie.


Hy besef nie dat dit juis die doel is om die status van vroue as blote produksie-instrumente af te skaf nie.


Temeer, daar is niks belagliker as die skynheilige veront-

waardiging van ons bourgeoisie oor die beweerde offisiele

vrouegemeenskap van die Kommuniste nie. Die Kommuniste hoef vrouegemeenskap nie in te voer nie ; dit het so te se altyd bestaan.


Ons bourgeoisie, nie daarmee tevrede dat hulle die vroue en dogters van hulle proletaries tot hul beskikking het nie — om nie eens van offisiele prostitusie te praat nie — skep daar die grootste behae in om mekaar se vroue wederkerig te verlei.

Die bourgeois-huwelik is in die werklikheid die gemeenskap van getroude vroue. Hoogstens sou 'n mens die Kommuniste kan verwyt dat hulle in die plaas van *n huigelagtig verborge, 'n offisiele, openlike vrouegemeenskap wil invoer. Dit spreek origens vanself dat, met die afskaffing van die huidige produksietoestande, die vrouegemeenskap wat daaruit spruit ook sal verdwyn, d.w.s. die offisiele en nie-offisiele prostitusie.


Dit word verder die Kommuniste verwyt dat hulle die vaderland, die nasionaliteit, wil afskaf.


Die arbeiders het geen vaderland nie. r n Mens kan nie van hulle afneem wat hulle nie het nie. Daar die proletariaat in die eerste plek die politieke heerskappy moet verower, hulleself tot nasionale klas moet verhef, self as nasiemoet optree, is dit self nog nasionaal, ofskoon volstrek nie in die bourgeois sin van die woord nie.


Nasionale afsondering en teenstrydigheid onder volke onderling verdwyn reeds meer en meer met die ontwikkeling van die bourgeoisie, van handelsvryheid, die wereldmark, gelykvormigheid van industriele produksie en die daarby behorende lewenstoestande.


Die heerskappy van die proletariaat sal hulle nog meer laat verdwyn. Gesamentlike optrede, van die vooraanstaande beskaafde volke, is een van die eerste voorwaardesvir die vrywording van die proletariaat.


Namate die eksploitasie van een indiwidu deur 'n ander afgeskaf word, word die eksploitasie van een nasie deur 'n ander ook afgeskaf.


Namate die teenstrydigheid van klasse binne die volke w T egvai, verdwyn die onderlinge vyandskap onder volke.


Die aanklagte teen Kommunisme wat uit die godsdienstige, filosofiese en ideologiese standpunt oor die algemeem gemaak w r ord, verdien nie breedvoerige weerlegging nie.


Is diepe insig nodig om te begryp dat met die lewens-

omstandighede van die mens, met sy maatskaplike bestaan,.

ook sy idees, sy beskouinge en begrippe, in een woord ook sy bewussyn verander?


Wat bewys die geskiedenis van idees anders as dat geestelike produksie volgens materiele produksie gewysig word..

Die heersende idees van 'n tydperk is altyd maar die idees-van sy heersende klas gewees.


'n Mens spreek van idees wat in 'n hele samelewing 'n

omwenteling veroorsaak; daarmee spreek 'n mens alleen die feit uit dat binne die ou samelewing die elemente van 'n.

nuwe gevorm word, dat die ontbinding van die ou idees gelyke tred hou met die ontbinding van die ou lewensomstandighede.


Toe die wereld van die oudheid aan die ondergaan was, is die ou godsdienste deur die Christelike geloof oorwin.

Toe Christelike idees in die 18de eeu vir die rasionalisme rgewyk het, het die feudale maatskaapy sy doodstryd met die

destydse rewolusionere bourgeoisie gestry. Die abstrakte idees van vryheid van gewete en geloof het slegs getuig van die heerskappy van vrye kompetisie op die gebied van "kennis.


„ Sekerlik," sal dit nou gese word, „ is godsdienstige, morele, filosofiese, politieke en regs-idees ens. in die loop van die historiese ontwikkeling gewysig geword. Maar die godsdiens, die moraliteit, die filosone, die politiek, die reg het by al die wisselinge steeds bly staan.


Daar bestaan dus ewige waarhede, soos vryheid, regverdigheid, ens., wat aan alle maatskaplike toestande gemeen is. Maar die Kommunisme skaf die ewige waarhede af, dit skaf die godsdiens en moraliteit af in plaas van hulle 'n nuwe gestale te gee; dit weerspreek dus alle voorafgaande -historiese ontwikkelinge."


Waarop kom die aanklag neer? Die geskiedenis van die hele samelewing is tot dusver die ontwikkeling van klasse-

teenstrydighede gewees wat in verskillende tydvakke ver-

rskillende vorms getoon het.


Maar watter vorm hulle ook aangeneem het, is die uitbuiting van een deel van die maatskappy deur die ander 'n feit wat aan alle vergange eeue gemeen is. Geen wonder dus dat die maatskaplike bewussyn van alle eeue, ondanks alle menigvuldigheid en verskeidenheid, horn in bepaalde

gemeenskaplike vorme beweeg, in bewussynsvorme wat alleen met die volkome verdwyning van klasseteenstrydigiiede heeltemal tot niet gaan.


Die Kommunistiese rewolusie is die radikaalste breuk met tradisionele eiendomstoestande ; geen wonder dat in sy

ontwikkelingsgang ook tradisionele idees op die radikaalste

wyse afgebreek word nie.


Laat ons nou maar die bourgeois-besware teen die Kom-munisme laat staan.


Ons het reeds gesien dat die eerste stap in die arbeiders-

fewolusie die opheffing van die proletariaat tot heersende

Idas, die verowering van die demokrasie, is.


Die proletariaat sal sy politieke heerskappy gebruik om die bourgeoisie bietjie vir bietjie alle kapitaal te ontneem ; om alle produksie-instrumente te sentraliseer in die hande van die staat, d.w.s. van die proletariaat as heersende klas

georganiseer, en die hoeveelheid produksiekragte so gou as

moontlik te vermeerder.


Dit kan natuurlik in die begin slegs gebeur deur despotiese

inbreuke op eiendomsregte en op bourgeois-produksiever-

houdinge; deur maatreels dus wat ekonomies ontoereikend

en onhoudbaar skyn, maar wat in die loop van die beweging:

hulleself verbystreef en as middel vir die omwenteling van

die hele produksiewyse onvermydelik is.


Die maatreels sal natuurlik in verskillende lande verskillend wees.


Vir die verste gevorderde lande sal die volgende egter vry algemeen kan toegepas word :— -


1. Onteiening van grondbe.sit en gebruik van die grondrente vir staatsuitgawe.


2. Swaar progressiewe belasting.


3. Afskaffing van die erfreg.


4. Inbeslagneming van die eiendom van alle emigrante en rebelle.


5. Sentralisasie van die krediet in die hande van die staat deur 'n nasionale bank met staatskapitaal en uitsluitende monopolie.


6. Sentralisasie van verkeersmiddele in die hande van die staat.


7. Vermeerdering van staatsfabrieke, produksie-instrumente, bewerking en verbetering van grond volgens 'n gemeenskaplike plan.


8. Gelyke arbeidsplig vir almal, oprigting van industriele leers, veral vir die landbou.


9. Vereniging van nywerheid en landbou. Bevordering van die geleidelike afskaffing van die onderskeid tussen stad en platteland.


10. Openbare en vrye onderwys vir alle kinders. Afskaffing van die fabrieksarbeid van kinders in sy bestaande vorm. Verbinding van die opvoeding met die materiele produksie, ens.


As in die loop van die ontwikkeling klasse-onderskeid verdwyn en alle produksie in die hande van 'n reusagtige vereniging van die hele volk gekonsentreer word, sal die openbare mag sy politieke karakter verloor. Die politieke mag, in sy eintlike betekenis, is die georganiseerde mag van een klas vir die onderdrukking van J n ander. As die proletariaat in die stryd teen die bourgeoisie hulle noodwendig tot 'n klas verenig, deur 'n rewolusie hulle tot heersende iklas maak, en as heersende klas met geweld die ou produksie-verhoudinge afskaf, dan skaf hulle saam met die produksie-verhoudinge ook die bestaanvoorwaardes vir klasseteenstrydighede, vir klasse in die algemeen, af en daarmee hulle eie heerskappy as klas.


In die plek van die ou bourgeois-maatskappy met sy klasse en klasseteenstrydighede tree 'n gemeenskap waarin die vrye ontwikkeling van elkeen die voorwaarde is vir die wrye ontwikkeling van almal.

 

 

 


III.

SOSIALISTIESE EN KOMMUNISTIESE

LITERATUUR.

 


I. REAKSIONeRE SOSIALISME.

 


a. Feudale Sosialisme.

 


Die Franse en Engelse aristokrasie was as gevolg van liulle plek in die geskiedenis daartoe geroep om pamrlette teen die moderne bourgeois-maatskappy te skrywe. In die Franse Julie-rewolusie van 1830 en in die Engelse beweging vir die hervorming van die stemreg het hulle nogeens die neerlaag gely teen die gehate indringer. Van 'n ernstige politieke stryd kon daar nie meer sprake wees nie. Alleen die letterkundige stryd het vir hulle oorgebly. Maar ook op die gebied van die literatuur het die ou leuses van die Restourasie (5) -tyd onmoontlik geword. Om simpatie te wek moes die aristokrasie skynbaar hulle belange uit die oog verloor en slegs in die belang van die uitgebuite arbeiderklas hulle akte van beskuldiging teen die bourgeoisie formuleer. So kon hulle die voldoening geniet om skimpliedere op hulle nuwe heerser te sing en horn min of meer

rampspoedige voorspellinge in die ore te fluister.


Op die manier het die feudalistiese sosialisme ontstaan —

half klaaglied, half skimpskrif, half naklank uit die verlede, half dreigement van die toekoms, wat somtyds die bourgeoisie in die hart kon tref deur bittere, geestig verpletterende kritiek, wat altyd belaglik was omrede 'n totale onbekwaamheid om die moderne geskiedenis te begryp.


(5) Nie die Engelse Restourasie, 1660 tot 1689, nie maar die Franse Restourasie, 18 14 tot 1830.


Die proletariese arme-sak het hulle as 'n vaandel in die hand geswaai om die volk agter hulle te kry. Maar sodra die volk hulle gevolg het, het die volk van agter af die ou feudale wapens gesien en met luide spotgelag weggeloop.


Een afdeling van die Franse Legitimiste en die Jonge Engeland kon hierdie speletjie pragtig speel.


Wanneer die feudaliste aantoon dat hulle wyse van

eksploitasie anders ingerig was as bourgeois-eksploitasie, dan vergeet hulle dat hulle uitgebuit het onder heeltemal

verskillende omstandighede, wat nou al verouderd is. Wan- neer hulle daarop wys dat onder hulle heerskappy die moderne proletariaat nie bestaan het nie, dan vergeet hulle dat die moderne bourgeoisie 'n noodsaaklike voortbrengsel van hulle maatskaplike orde was.


Origens verberg hulle so min die reaksionere karakter van hulle kritiek dat hulle grootste aanklag teen die bourgeoise juis daarin bestaan dat onder hulle regering 'n klas ontwikkel wat die hele ou maatskaplike orde sal vernietig.


Hulle verwyt die bourgeoisie nie so seer dat hulle 'n proletariaat in die algemeen voortgebring het nie, maar dat hulle 'n rewolusionere proletariaat geskep het.


In die politieke praktyk neem hulle dus deel aan alle

geweldmaatreels teen die arbeiderklas, en in die gewone lewe is dit nie benede hulle om op te tel wat hulle kan, en irou, liefde en eer te verwissel vir die knibbelhandel in wol, beetsuiker en drank nie. (6)


Soos die priester altyd met die leenheer hand aan hand

geloop het, so het die priesterlike sosialisme ook met die

feudalistiese saamgegaan.


Niks is makliker as om aan die Christelike askese 'n

sosialistiese tint j ie te gee nie. Het die Christendom dan ook nie teen private eiendom, teen die huwelik, teen die staat geywer nie? Het dit nie in plaas daarvan weldadiglieid en armoede, selibaat en kastyding van die vlees, die Moosterlewe en die Kerk gepreek nie? Die Christelike sosialisme is maar die wywater waarmee die priester die ergenis van die aristokraat seen.


(6) Dit het veral betrekking op Duitsland, waar die leenhere en landadel groot gedeeltes van hul landgoedere op eie rekening deur rentmeesters laat bevverk, en bowendien fabrikante van beetsuiker en aartappel-spiritus op groot skaal is. Die meer gegoede Britse aristokrasie is totnogtoe verhewe bo so iets; maar ook hulle weet hoe om afnemende huurgelde aan te vul deur 3iul name te skenk aan die stigters van aandelemaatskappye wat maar betreklik onpluis is.



b. Kleinburgerlike Sosialisme.


Die feudale aristokrasie is nie die enigste klas wat deur die bourgeoisie tot 'n val gebring word nie, wie se lewens-

voorwaardes in die moderne bourgeois-maatskappy verkwyn*

en afsterf nie. Die Middeleeuse burger en die kleinboer was die voorlopers van die moderne bourgeoisie. In die minder ontwikkelde industriele en kommersiele lande sleep- hier die klasse nog 'n bestaan voort naas die opkomende bourgeoisie.


In die lande waar die moderne beskawing ontwikkel het, is 'n nuwe kleinburgerstand gevorm wat tussen die proletariaat en die bourgeoisie sweef en as 'n aanvullingsdeeL van die bourgeois-maatskappy homself steeds opnuut vervorm, wie se lede egter gedurig weens die mededinging; binne die proletariaat afgestoot word, ja selfs met die ontwikkeling van die grootindustrie 'n tyd sien aankom wanneer hulle as selfstandige deel van die moderne maatskappy heeltemal sal verdwyn en in die handel, in die industrie, in die landbou deur opsigters en bediendes sal vervang word.


In lande soos Frankryk, waar die boereklas baie meer as die helfte van die bevolking uitmaak, was dit natuurlik dat

skrywers wat vir die proletariaat teen die bourgeoisie opge- tree het, in hulle kritiek van die bourgeois-stelsel die klein-

burgerlike en kleinboerse maatstaf sou toepas en vir die

arbeiders vanuit die standpunt van die kleinburger party-

trek. So is die kleinburgerlike sosialisme gevorm. Sismondi is die hoof van die letterkundige skool, nie alleen in Frankryk nie maar ook in Engeland.


Die sosialisme het op baie skerpsinnige wyse die teen-

strydighede in die moderne produksie-toestande ontleed.

Dit het die huigelagtige verskonings van die ekonomiste

blootgele. Dit het onweerlegbaar op die vernielende gevolge-

van masjinerie en arbeidsverdeling gewys, die konsentrasie

van kapitaal en grondbesit, oorproduksie, krisisse, die on-

verrriydelike ondergang van die kleinburgers en boere, die-

ellende van die proletariaat, die anargie in die produksie,

die skreeuende oneweredighede in die verdeling van rykdom, die industriele verwoestingsoorlog van nasies ondermekaar, die wegval van die ou sedes, van die ou familieverhoudinge, van die ou nasionaliteite.


Volgens sy bepaalde inhoud egter wil die sosialisme of die ou produksie- en verkeersmiddele weer herstel en daarmee die ou eiendoms-verhoudinge en die ou maatskappy, of dit wil die moderne produksie- en verkeersmiddele in die raam van die ou eiendomsverhoudinge, wat hulle verb reek het en moet verbreek, weer met geweld opsluit. In albei rgevalle is dit tegelyk reaksioner en utopies. Verenigings in die industrie, patriargale bestuur op die platteland — dit is hulle laaste woorde.


In sy verdere ontwikkeling het die rigting doodgeloop in ~*n treurige ge jammer.

 


c. Duitse of Ware Sosialisme.


Die Sosialistiese en Kommunistiese literatuur van Frankryk, wat onder die druk van 'n heersende bourgeoisie ontrstaan het en die letterkundige uitdrukking van die stryd teen die heerskappy is, is in Duitsland ingevoer op 'n tyd toe die bourgeoisie net hulle stryd teen die feudale absolutisme begin het.


Duitse filosowe, half -filosowe en letterkundiges het gretig

die literatuur verslind en slegs vergeet dat met die intrek van die geskrifte uit Frankryk die Franse lewenstoestande nie gelyktydig in Duitsland ingetrek het nie. Toegepas op Duitse toestande het die Franse literatuur alle direkte praktiese betekenis verloor en 'n suiwer letterkundige betekenis

aangeneem. Vir die Duitse filosowe van die agtiende eeu

<lus was die eise van die eerste Franse rewolusie niks meer

nie as die eise van die „ praktiese rede " in die algemeen, en die-wilsuitinge van die rewolusionere Franse bourgeoisie het in hulle oe beteken die wette van die suiwer wil, van die wil soos dit behoort te wees, van die egte menslike wil.


Die werk van die Duitse letterkundiges het eenvoudig daarin bestaan om die nuwe Franse idees met hulle ou filosofiese gewete te laat saamstem of liewer vanuit hulle eie

filosofiese standpunt Franse idees oor te neem. Die tce-

«eiening het op dieselfde manier geskied waarop 'n vreemde

taal in die algemeen oorgeneem word, naamlik, deur vertaling.


Dit is bekend hoe die monnike manuskripte, waarop die

klassieke werke van die ou heidense tyd geskrywe was, met

lawwe geskiedenisse van katolieke heiliges oorgeskryf het.

Die Duitse letterkundiges het andersom met die wereldse

Franse literatuur te werk gegaan. Hulle het hulle filosofiese

•onsin onder die oorspronklike Frans geskrywe. Byvoorbeeld, onder die Franse kritiek op geldverhoudinge het hulle

geskrywe : „ Vervreemding van die menslike wese " onder

die Franse kritiek op die bourgeois staat het hulle geskrywe ;

Afskaffing van die heerskappy van die abstrakte algemene" ens.


Die inskuiwing van die 1 filosofiese gesegdes onder die Franse redenering het hulle gedoop „filosofie van handeling," „ ware Sosialisme," „ Duitse wetenskap van die Sosialisme," filosofiese grondslag van die Sosialisme ens..


Op die manier is die Franse Sosialisties-Kommunistiese

literatuur feitlik ontman. En daar dit in die hande van die

Duitser die stryd van een klas teen die ander nie langer

uitgedruk het nie, was die Duitser oortuig dat hy die

„ Franse eensydigheid " oorwin het, dat hy in plaas van ware behoeftes die behoeftes van die waarheid verdedig" het, in plaas van die belange van die proletaries die belange van die menslike wese — die mensdom in die algemeen, wat aan geen klas behoort nie, ook nie aan die werklikheid nie r maar alleen aan die wasige hemel van filosofiese fantasie.


Die Duitse Sosialisme, wat sy onbeholpe stellinge self im so 'n ernstige en plegtige lig beskou het en so kwaksalweragtig uitgebasuin het, het intussen sy pedantiese onskuld stadigaan verloor.


Die stryd van die Duitse en veral die Pruisiese bourgeoisie teen die adel en die onbeperkte koningskap, in een woord, die liberale beweging, het ernstiger geword.


So is die „ ware " Sosialisme die verlangde geleentheid

aangebied om teenoor die politieke beweging die sosialistiese

eise te stel, om die tradisionele vervloeking teen die libera- lisms teen die verteenwoordigende bestuur, teen bourgeois-

kompetisie, bourgeois-persvryheid, bourgeois-reg, bourgeois-

vryheid en -gelykheid te slinger en die volksmassa te preek dat hulle deur die bourgeois-beweging gevaar loop om niks te wen nie en alles te verloor. Duitse Sosialisme het op die regte tyd vergeet dat die Franse kritiek, waarvan dit die floue weerklank was, die moderne bourgeois-maatskappy met die passende materiele lewenstoestande en geskikte regeringsvorm veronderstel het — juis die dinge waarvoor daar nog in Duitsland moes geveg word.


Dit het vir die Duitse absolute regerings met hulle gevolg van predikante, skoolmeesters, landjonkers en burokrate gedien as die gewenste voelverskrikkers teen die dreigendi opkomende bourgeoisie.


Dit was die soet druppel in die bitter beker van die sweepslae en geweerkoeels waarmee dieselfde regerings die Duitse arbeider-opstande gekasty het.


Terwyl die „ ware " sosialisme dus 'n wapen in die hand van die regerings teen die Duitse bourgeoisie was, het dit ook 'n regstreeks reaksionere belang verteenwoordig, die belang van die Duitse kleinburgerstand. In Duitsland vorm die kleinburgerdom, wat uit die sestiende eeu afkomstig is en van die tyd af in verskillende vorms hier telkens weer opdaag, die eintlike maatskaplike fondament van die bestaande toestande.


Sy instandhouding beteken die instandhouding van die

bestaande Duitse toestande. Van die industriele en politieke heerskappy van die bourgeoisie het die kleinburgerdom 'n gewisse ondergang te vrees, aan die een kant as gevolg van die konsentrasie van die kapitaal, aan die ander kant deur die opkoms van 'n rewolusionere proletariaat. „Ware" Sosialisme sou albei vliee met een klap slaan. Die nuwe leer het soos 'n epidemie gesprei.


Die gewaad uit die spinnerak van wysgerige bespieeling

verwerk, met die blomme van letterkundige retorika ge- borduur, deurtrokke van die dou van 'n sieklike sentimen-taliteit, die weelderige gewaad waarin die Duitse Sosialiste hulle paar vel-en-been- „ewige waarhede" gehul het, het slegs die verkoop van hulle ware onder die publiek laat styg.


En aan sy kant het die Duitse Sosialisme meer en meer dit as sy beroep aanvaar om die hoogdrawende verteenwoordiger van die kleinburgerlike filistyne te wees. Dit het die Duitse volk as die normale volk verkondig en die Duitse kleinburger as die normale mens. Aan elke laagheid van hierdie tipiese mens het dit so 'n verborge, hoerv Sosialistiese verklaring gegee dat dit die teenoorgestelde beteken het. Dit het selfs so ver gegaan as om direk teen die „ ru-vernielende " rigting van die Kommunisme op te tree en sy eie onpartydige verhewenheid bo alle klassestryd? te verkondig. Met baie min uitsonderinge behoort alle sogenoemde Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte wat in Duitsland in omloop is tot die gebied van hierdie smerige, ontsenuende literatuur.

 

 


2. KONSERWATIEWE OF BOURGEOIS-SOSIALISME.

 


'n Deel van die bourgeoisie wil graag sosiale euwels verhelp om op die manier die voortbestaan van die bourgeois-maatskappy te verseker.


Aan hierdie seksie behoort ekonomiste, filantrope, mense- vriende, hervormers van die toestand van die arbeidende klasse, liefdadigsorganiseerders, dierebeskermers, drank-

afskaffers, boghervormertjies van die mees uiteenlopende

aard. En hierdie bourgeois-sosialisme is nog al tot hele stelsels uitgewerk.


As voorbeeld kan ons Proudhon se ,, Filosofie van die Armoede " noem.


Die Sosialistiese bourgeois verlang die lewenstoestande van die moderne maatskappy sonder die stryd en gevare wat noodsaaklik daaruit voortkom. Hulle wil die bestaande

maatskappy he sonder sy rewolusionere en ontbindende

elemente. Hulle wil die bourgeoisie sonder die proletariaat he. Die bourgeoisie stel vir hulle die wereld waarin hulle heers rtatuurlik as die beste wereld voor en die Bourgeois- Sosialisme werk die vertroostende voorstelling tot 'n halwe of *n hele stelsel uit. Waar dit die proletariaat aanspoor om sy stelsels te verwesenlik en die nuwe Jerusalem in te trek, dan verlang dit op die ou end alleen dat die proletariaat binne die huidige maatskappy bly staan maar van sy haatlike idees daaroor ontslae raak.


'n Tweede minder stelselmatige, dog meer praktiese vorm van die Sosialisme het probeer om die arbeiderklas vir elke

rewolusionere beweging met afkeer te vervul deur te bewys

dat nog die een nog die ander politieke verandering, maar

alleen 'n verandering van materiele lewenstoestande, van

ekonomiese verhoudinge, hulle tot voordeel kon strek. Deur

verandering van die materiele lewenstoestande verstaan die

Sosialisme egter glad nie die afskafring van die bourgeois-

produksieverhoudinge nie, iets wat slegs langs die rewolu-

sionere weg moontlik is, maar administratiewe verbeteringe

op bodem van daardie produksieverhoudinge aangebring, wat dus aan die verhouding tussen kapitaal en loonarbeid niks sal verander nie maar op sy beste vir die bourgeoisie die koste van hulle regering sal verminder en hulle administratiewe werk vereenvoudig.


Die Bourgeois-Sosialisme bereik sy hoogste uiting eers waar dit blote retoriese beeldspraak word.


Vrye handel, in belang van die arbeidende klas ; beskermende regte, in belang van die arbeidende klas ; gevangenisse met aparte selle, in belang van die arbeidende klas —it is die laaste en die enigste ernstig bedoelde woord van Bourgeois-Sosialisme.


Die Sosialisme van die bourgeoisie bestaan juis in die bewering dat die bourgeois bourgeois is in belang van die arbeidende klas.

 

 



3. KRITIES-UT0P1ESE SOSIALISME EN KOMMUNISME.

 


Ons spreek nie hier van die literatuur wat in alle groot moderne rewolusies uiting aan die eise van die proletariaat gcgce het nie. (Die geskrifte van Baboeuf ens.)


Die eerste pogings van die proletariaat in 'n tyd van algemene oproering, in die tydperk van die ondergang van die feudale maatskappy, om regstreeks hulle eie klassebelange te bevorder het noodwendig misluk as gevolg van die ontwikkelde itoestand van die proletariaat self, sowel as van afwesigheid van die materiele voorwaardes vir sy bevryding, wat juis eers die voortbrengsel van die bourgeois-tydvak is. Van die rewolusionere literatuur wat die eerste bewegings van die proletariaat vergesel het, is die inhoud noodsaaklikerwys reaksioner. Dit leer 'n algemene askese en 'n ruwe gelykmaking.


Die eintlike Sosialistiese en Kommunistiese stelsels, die

stelsels van St. Simon, Fourier, Owen, ens. het te voorskyn

gekom in die eerste ontwikkelingsperiode van die stryd tussen proletariaat en bourgeoisie wat ons reeds geskets het.

(Sien „ Bourgeois en Proletariaat.")


Die uitvinders van hierdie stelsels sien wel die botsing tussen die klasse sowel as die werking van die ontbindende elemente in die heersende maatskappy self. Maar hulle vermoed aan die kant van die proletariaat geen historiese inisiatief nie, geen politieke beweging wat aan hulle eie is nie.


Aangesien die ontwikkeling van klassestryd gelyke tred ihou met die ontwikkeling van die nywerheid, bied die ekonomiese toestand, soos hierdie skrywers dit vind, nog nie vir hulle die materiele omstandighede vir die bevryding van die proletariaat nie, derhalwe soek hulle na 'n nuwe sosiale wetenskap, na nuwe maatskaplike wette om die toestande te skep.


In die plek van die maatskaplike kragte moet hul persoonlike vindingrykheid kom; in die plek van historiese moet fantastiese voorwaardes vir bevryding kom ; in die plek van die stadig groeiende organisasie van die proletariaat tot 'n iklas, 'n organisasie van die maatskappy wat deur hierdie ontdekkers self bedink is. Die toekomstige wereldgeskiedenis kom vir hulle voor bloot as propaganda en die prakitiese vjerwesenHking van hulle sosiale planne.


Hulle is goed bewus daarvan dat hulle in hulle planne

hoofsaaklik die belange van die arbeidende klas verteen-woordig — die klas wat die meeste ly. Slegs van die standpunt dat hulle die klas is wat die meeste ly, bestaan die proletariaat vir hulle.


Die onontwikkelde vorm van die klassestryd, asook hulleeie lewensomstandighede, laat Sosialiste van hierdie aanf

dink dat hulle ver bo alle klassestryd verhewe is. Hulle wil die lewensomstandighede van alle lede van die maatskappy, selfs die welgesteldes, verbeter. Hulle doen dusvoortdurend 'n beroep op die hele maatskappy sonder onderskeid, ja selfs by voorkeur op die heersende klas. 'n Mens*, sou hulle stelsel immers net hoef te begryp om dit as die allerbeste maatskappy te erken.


Hulle verwerp dus alle politieke en veral alle rewolusionere handeling ; hulle wil hulle doel langs vreedsame weg; bereik en probeer deur klein proefnemings, wat natuurlik.

misluk, en deur die mag van die voorbeeld om vir die nuwe

maatskaplike evangelie baan te breek.


So 'n fantastiese skildering van die toekomstige maat-

skappy ontstaan in 'n tyd wanneer die proletariaat nog baie

onontwikkeld is, en dus self nog hulle eie toestand en hulle

eerste instinkmatige drang tot 'n algemene hervorming van die maatskappy fantasties opvat.


Maar die Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte bevat ook kritiese elemente. Hulle val al die beginsels van die bestaande maatskappy aan. Hulle het dus baie waardevolle materiaal vir die verligting van die arbeiders gelewer. Hulle positiewe stellinge oor die toekomstige maatskappy, b.v. die afskafhng van die teenstrydigheid tussen stad en platteland, van die familie, van persoonlike wins, van loonarbeid, die verkondiging van maatskaplike harmonie, die omskepping; van die funksie van die staat tot slegs 'n instrument vir diereeling van die produksie — al hierdie stellinge druk eenvoudig uit die verdwyning van die klasseteenstrydighede wat toe nog net begin ontwikkel het, wat die utopiers nog" net in hulle eerste vormlose onbepaaldheid geken het. Die stellinge self is dus nog suiwer utopies van aard.


Die belangrikheid van krities-utopiese Sosialisme en Kommunisme staan in omgekeerde verhouding tot historiese

ontwikkeling. Namate die klassestryd ontwikkel -en. vormi kry, verloor die fantastiese opsystaan uit die stryd, die fantastiese bevegting daarvan alle praktiese waarde, alle teoretiese regverdiging. Al was die stigters van die stelsels -dus in baie opsigte rewolusioner, tog het hulle leerlinge altyd reaksionere sektes gevorm. Hulle hou vas aan die ou "beskouinge van hul meesters in teenstand met die historiese vooruitgang van die proletariaat. Hulle probeer dus konsekwent om die klassestryd te verdoof en die teenstrydighede te versag. Hulle droom nog altyd oor die verwesenliking deur proefnemings van hulle maatskaplike Utopias — oor die stigting van afgesonderde phalansteres (7) , die stigting van „ Home Colonies/' die oprigting van 'n klein Icaria — 'n uitgawe in sakformaat van die Nuwe Jerusalem — en om al die lugkastele te bou moet hulle 'n beroep doen op die weldadigheid van bourgeois-harte en geldsakke. Stadigaan daal hulle af in die kategorie van die hierbogetekende reaksionere of konserwatiewe Sosialiste en word nog net van hulle onderskei deur 'n meer stelselmatige pedanterie, deur die fanatieke bygeloof aan die wonderbaarlike werkings van hulle sosiale wetenskap.


Hulle tree dus met verbittering op teen alle politieke beweginge van die arbeiders, wat volgens hulle alleen uit 'n

iblinde ongeloof aan die nuwe evangelie kan voortkom.


Die Oweniste in Engeland, die Fourieriste in Frankryk verset hulle in die eerste land teen die Chartiste, in die tweede teen die Reformistes.

 

 

 


IV.


VERHOUDING VAN DIE KOMMUNISTE TOT DIE VERSKILLENDE OPPOSISIEPARTYE.

 


Afdeling II het die verhouding van die Kommuniste tot die reeds opgerigte arbeiderpartye duidelik gemaak, dus tot die Chartiste in Engeland en die landbouhervormers in Noord-Amerika.


Hulle veg om die doeleindes en belange van die arbeiderklas wat naaste by die land le te bereik, maar hulle verteenwoordig in die teenswoordige beweging ook die toekoms van die beweging. In Frankryk sluit die Kommuniste by die sosialisties-demokratiese (8) party aan teen die konserwa-


(7) Phalansteres was sosialistiese kolonies wat opgerig is volgens die plan van Charles Fourier; Icaria was die naam wat deur Cabet gegee is aan sy Utopia en, later, aan sy Amerikaanse Kommuniste-kolonie.


(8) Die party wat destyds in die parlement verteenwoordig is deur Ledru-Rollin, in die letterkunde deur Louis Blanc (181 1- 1882), in die dagpers deur die Reform. Die naam Sosiaal-Demokrasie dui, volgens hierdie uitvinders daarvan, 'n afdeling van die Demokratiese of Republikeinse Party aan wat min of meer die kleur van Sosialisme aangeneem het tiewe en radikale bourgeoisie sonder om die reg op te gee om krities op te tree teenoor gesegdes en wanbegrippe wat van rewolusionere tradisies afkomstig is.


In Switserland ondersteun hulle die radikale sonder om te vergeet dat die party uit teenstrydige elemente bestaan deels uit demokratiese sosialiste in die Franse sin, deels uit radikale bourgeoisie.


Onder die Pole ondersteun die Kommuniste die party wat 'n rewolusie in die grondbesit beskou as noodsaaklik vir nasionale bevryding — dieselfde party wat die Krakou-opstand van 1846 in die lewe geroep het.


In Duitsland veg die Kommuniste-party, sodra die bourgeoisie rewolusioner optree, saam met die bourgeoisie teen die absolute monargie, die feudale grondbesit en die kleinburgerdom.


Hulle laat egter vir g'n oomblik na om by die arbeiders die helderste besef moontlik aan te kweek van die vyandige

teenstrydigheid tussen bourgeoisie en proletariaat nie, sodat

die Duitse arbeiders die maatskaplike en politieke toestande

wat die bourgeoisie met hulle heerskappy noodsaaklik moet

invoer dadelik as soveel wapens teen die bourgeoisie kan

keer, sodat, na die val van die reaksionere klasse in Duitsland, die stryd teen die bourgeoisie self onmiddellik kan begin.


Die Kommuniste wy hoofsaaklik hulle aandag aan Duitsland omdat Duitsland op die vooraand van 'n bourgeois-

rewolusie staan. En omdat dit die omwenteling sal teweeg- bring onder baie verder gevorderde toestande van Europese

beskawing in die algemeen en met 'n baie hoer ontwikkelde

proletariaat as die geval was in Engeland in die 17e en

Frankryk in die 18e eeu, kan die Duitse bourgeois-rewolusie dus slegs die onmiddellike voorspel van 'n proletariese rewolusie wees.


In een woord, die Kommuniste ondersteun oral elke ; rewolusionere beweging teen die bestaande maatskaplike en

politieke toestande.


In al die bewegings stel hulle as hoofprobleem die eien- domsvraagstuk op die voorgrond, watter meer of minder

ontwikkelde vorm dit ook mag aangeneem het.


Die Kommuniste beywer hulle ten slotte oral vir vereniging van en 'n gdeie verstandhouding tussen die demokratiese partye van alle lande.


Die Kommuniste ag dit benede hulle om hulle idees en

bedoelings weg te steek. Hulle verklaar openlik dat hulle

hulle doel alleen kan bereik deur die hele geweldadige om-

verwerping van alle bestaande maatskaplike toestande.

Laat die heersende klasse vir 'n Kommunistiese rewolusie

sidder. Die proletaries het niks om te verloor nie, net hulle kettings. Hulle het 'n wereld om te wen.


Werkers van die wereld, span saam!

 

 


 

 

BYVOEGSEL.


VOORWOORD TOT DIE DUITSE UITGAWE VAN 1872.


Die Kommuniste-bond, 'n internasionale vereniging van

werkers, wat in die tyd weens die hersende omstandighede

alleen as 'n geheime organisasie kon bestaan, het aan ons, die ondergetekendes, op die Kongres wat in November 1847 in Londen gehou is, opdrag gegee om vir publikasie 'n teoretiese en praktiese program in alle besonderhede van die Party op te stel. Op die manier het die Manifes wat hier volg, ontstaan ; die manuskrip is *n paar weke voor die- Februarie-rewolusie na Londen gestuur om gedruk te word.

Dit is eerste uitgegee in Duits en daarna in daardie taal herdruk in Duitsland, Engeland en Amerika in ten minste twaalf aparte uitgawes. In Engels is dit vir die eerste keer in 1850 in die Red Republic, Londen r uitgegee, vertaal deur mej. Helen Macfarlane, en in 1871 in ten minste drie aparte vertalings in Amerika. Die Franse uitgawe het vir die eerste keer in Parys verskyn kort voor die Junie-opstand van 1848, en onlatigs in Le Socialiste van New York. Daar word op die oomblik gewerk aan 'n nuwe vertaling. 'm Poolse uitgawe het in Londen die lig gesien kort nadat dit vir die eerste keer in Duits uitgegee is. In die sestiger jare het daar in Geneve 'n Russiese vertaling verskyn. Ook in- die Deense taal is dit kort na die eerste verskyning oorgesit..


Hoe seer die toestand van sake? ook al in die loop van die

afgelope 25 jaar verander het, die algemene beginsels soos

vasgele in hierdie Manifes is, oor die algemeen genome, vandag nog net so geldig as ooit tevore. Hier en daar mag daar 'n detail wees waarop verbeter kan word. Die praktiese toepassing van die beginsels sal orals en ten alle tye, soos die Manifes self verklaar, afhanklik wees van die historiese omstandighede wat op die oomblik heers, en om die rede word daar geen spesiale klem gele op die rewolusionere maatreels wat aan die end van Afdeling II aan die hand gegee word nie. Daardie gedeelte sou in baie opsigte vandag baie anders opgestel word. Met die oog op die reusagtige vooruitgang in die moderne nywerheid sedert 1848, en op die verbeterde en uitgebreide organisasie van die arbeidende klas wat dit vergesel het, met die oog op die praktiese ondervinding wat opgedoen is, eers tydens die Februarie-rewolusie, en toe, tot nog groter mate, in die Paryse Kommune, waar die proletariaat vir die eerste keer vir twee

hele maande die politieke mag in hande gehad het, het hierdie program in enige besonderhede verouderd geraak.

Veral een ding is deur die Kommune bewys, naamlik dat die werkende klas nie sommer die klaargemaakte staatsmasjinerie in hande kan neem en dit tot sy eie doeleindes aanwend nie." (Vergelyk Die Burgeroorlog in Frankryk; Rede gehou deur die Algemene Raad van die Internasionah Arbeidersvereniging, 1871, waar verder op hierdie punt ingegaan is.) Verder is dit vanselfsprekend duidelik dat die kritiek op Sosialistiese letterkunde ontoereikend is in soverre dit die huidige tyd geld, omdat dit ons alleen tot 1847 voer ; ook dat die aanmerkings oor die verhouding van die Kommuniste tot die verskillende partye (Af deling IV), alhoewel dit in beginsel nog juis is, tog in die praktyk verouderd is, omdat die politieke posisie geheel en al veranderd is en die loop van die geskiedenis die grootste gedeelte van die politieke partye wat daarin genoem word van die aarde weggevee het.


Maar, die Manifes het 'n historiese dokument geword wat ons nie die reg meer het om verandering in aan te bring nie. 'n Latere herdruk mag moontlik verskyn met 'n inleiding wat die kloof tussen 1847 en die hede oorbrug ; maar liierdie huidige herdruk is te skielik aan ons opgedra om ons die tyd te laat om sodanige inleiding te skrywe.


Karl Marx. Frederick Engels.


Londen, 24 Junie 1872.



 

 

 

 

Marx - Engels

 

AFRIKAANS